Avontuur Leerders vaar uitstekend by SA’s

Op 9 September was die SA Skole Avontuur byeenkoms gehou te Aldam vakansieoord.

Goed voorbereid en met baie spanning het 7 van ons skool se spanne gaan deelneem

aan ‘n baie suksesvolle avontuur byeenkoms.

Die junior spanne moes 48km voltooi en alle punte bereik om ‘n plek te behaal.  Dit het bestaan uit die volgende:

  • 8km Roei
  • 18km Draf
  • 23km Fietsry

Die senior spanne moes 81km voltooi en alle punte bereik om ‘n plek te behaal.  Dit het bestaan uit die volgende:

  • 8km Roei
  • 18km Draf
  • 55km Fiestry

Twee van ons spanne het uitstekend presteer en het plekke behaal by die SA’s.

Ons senior span (Bosluis Walvis “OO”) behaal ‘n 2de plek en het bestaan uit die volgende leerders:

  • Doane Mare
  • Hennie Grobler
  • Janko Botha
  • Casper Claase

Ons junior span (Red Rebels) behaal ‘n 3de plek en het bestaan uit die volgende leerders:

  • Hanro Potgieter
  • Lienkie Carroll
  • Nunro Brenkman
  • Franco van der Linden
  • Die Die Bosveld Walvis Span

Die Red Rebels Span

Share This: