Vakke

Akademie is ‘n hoë prioriteit vir die Hoërskool Lichtenburg. Dinamiese, entoesiastiese en ervare personeel word ingespan om leerders toe te rus om hul potensiaal op elke vlak te verwesenlik. Ons strewe na uitnemendheid en gevolglik is die Hoërskool Lichtenburg een van die top akademiese skole in die Noordwes Provinsie.

Die volgende vakke word tans aangebied:

  • Afrikaans – huistaal
  • Afrikaans – eerste addisionele taal
  • Engels – huistaal
  • Engels – eerste addisionele taal
  • Wiskunde
  • Wiskunde Geletterdheid
  • Tegniese Wiskunde
  • Fisiese Wetenskap
  • Lewenswetenskap
  • Tegniese Wetenskap
  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Inligtingstegnologie
  • Meganiese Tegnologie
  • Elektriese Tegnologie
  • Musiek
  • Lewensoriëntering
  • Geografie
  • Ingenieursgrafika & -ontwerp
  • Verbruikerstudies