Classic Clash `n reuse sukses!

Liggies maak dit 3 uit 3!

Daar was met groot opgewondenheid uitgesien na die jaarlikse FNB Classic Clash tussen Lichtenburg en KHS! Die pawiljoen was volgepak met beide skole se ondersteuners en sterk kompetisie was die orde van die dag!

Die volgende Lichtenburg spanne het puik presteer.

Rugby:
o/16 B Wen 50 – 0
4des Wen 48 – 0
3des Wen 33 – 0
2des Wen 24 – 19

Netbal:
o/16 A Wen 19 – 18
o/16 B Wen 17 – 9

Hokkie:
o/14 A Wen 4 – 0
o/15 A Wen 4 – 0
o/15 B Wen 1 – 0
o/16 A Wen 4 – 0
2des Wen 9 – 0

Die groot trots van die skool was egter die drie eerstespanne wat Lichtenburg die eerste skool gemaak het wat al drie Classic Clash trofees op dieselfde dag wen!

Die eerste hokkie span was heeltemal oor KHS en het hulle wedstryd met puik spel 9 – 0 gewen. Die netbal en rugby wedstryde was bietjie meer kompeterend maar die Liggies het daarin geslaag om in albei wedstryde koning te kraai. Die netbal wen 32 – 22 en die rugby 20 – 10.

Share This: