Dogterskrieketspanne verower albei die Noordwes Liga

Vir die eerste keer is Hoërskool Lichtenburg se Eerste en Tweede Dogterskrieketspanne NW kampioene.

Hoërskool Lichtenburg se Tweede Dogterskrieketspan het Dinsdag 16 Oktober 2018 ‘n groot oorwinning behaal van 30 lopies in die finaal teen Matlosana.  Die Tweedespan bestaan uit ‘n klompie jong en onervare spelers, sommige wat nog nooit krieket gespeel het voor hierdie jaar nie.  Hierdie was die eerste oorwinning van Hoërskool Lichtenburg in die B liga.

Hoërskool Lichtenburg se Eerste Dogterskrieketspan het Maandag 15 Oktober 2018 oortuigend vir Hoërskool Wolmaransstad gewen met 61 lopies.  Clarissa Weyer het 43 lopies (NUN) van 51 balle aangeteken, en is goed ondersteun der Rone Badenhorst wat 16 van 21 balle aangeteken het.  Carma Rossouw en Mandelene Olivier het die grootste skade aangerig tydens Wolmaransstad se kolfbeurt.  Carma het 3 paaltjies vir 9 lopies afgestaan in 4 boul beurte en Mandelene 2 paaltjies vir 12 lopies in haar 4 beurte.

 

Die dogters het ‘n uitstekende seisoen beleef, en was onoorwonne deur die hele seisoen.  Clarissa Weyer het ‘n uitstekende 261 lopies teem ‘n gemiddeld van 130,6 in 6 wedstryde aangeteken en het slegs 2 maal haar paaltjie verloor.  Anushke Geldenhuys het 11 paaltjies geneem in 14 boulbeurte wat sy gedurende die seisoen geboul het.

Liggies krieket wil graag vir Carma Rossouw en Mandelene Olivier bedank vir 5 jaar se lojaliteit, harde werk en gees wat hulle in die dogterskrieket ingesit het.  Baie sterkte ook aan ons NW spelers Clarissa Weyer, Azelle Venter en Rone Badenhorst met hulle opkomende toernooie in Desember.Die Eerstespan

 

Die Tweedespan

Share This: