Drie Liggies in Noordwes Sewesspan

NW Sewes
Drie liggies is ingesluit in die Noordwes Luiperds se o/17 span.

Lohan Jahns, Bertru Jones en Max Williamson het al drie skitter vertonings gelewer tydens Hoërskool Lichtenburg se sewestoernooi wat laasnaweek aangebied was. Die drie seuns se uitstekende spel het `n groot rol gespeel in die span se tweede plek in die toernooi.

Na die toernooi, wat ook dien as die Noordwes Sewes proewe, is al drie seuns in die Luiperds span ingesluit!