Eerste rugbyspan maak geskiedenis.

2016 sal onthou word as een van Hoërskool Lichtenburg se eerste rugbyspanne se top jare!Hulle het uitstekende rugby deur die jaar gespeel en het daarin geslaag om drie van die vier trofees waarvoor hulle in `n seisoen deelneem te wen.Dit het alles begin met `n pukreeks oorwinning teen Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp. Daarna is KHS in die FNB “Classic Clash” verslaan gevolg deur Hoër Volkskool in die Noordwes Liga finaal.Die Beeldtrofee is volstoom aangepak en die Liggies het met Pietersburg 43 – 36 afgereken in die kwartfinaal. Die semifinaal het gevolg en Vereeniging Gimnasium is oortuigend met 48 – 17 geklop!Dit was egter die span van Helpmekaar wat die skool se perfekte `n stop gesit het na hulle die beter span in die finaal was.Die eerstespan kan voorwaar trots wees op `n uitstekende seisoen en daar word met groot opgewondenheid uitgesien na 2017!

Share This: