Hart en Hande Lollipop Kleuterskool Uitreik

Het jy geweet Lollipops kan glimlag ?

Wel, dit is bewys deur die skool se Hart en Hande groep wat onlangs na Lollipop Kleuterskool, in Blydeville, ‘n uitreik voltooi het.

Glimlaggies het die “tannies” verwelkom en daar is vreugdevol saamgespeel en baljaar. Die pragtigtse lekkergoed pakkies is uitgedeel en die heerlikste kolwyntjies was binne sekondes in die kleuters se magies. Die personeel van die skool is ook bietjie bederf met die oulikste kersgeskenke – na hierdie uitdelery het almal omtrent traantjies gepik van blydskap.

Die Lollipops het vir ons gewys hoe mooi hulle kan sing en almal het díe spektakel geniet, veral toe Juffrou Lizané begin saam dans.

Die Hart en Hande groep bedank graag vir Mev. Yolandé Hurter, Mev. Sonja Rautenbach en al die ander SAVF dames en anonieme borge wat die dag moontlik gemaak het.

Phia-ri Olivier

Share This: