Die Astrant

Astrant November 2015

Die Astrant verskyn kwartaalliks. Dié skoolkoerant beskik oor sy eie redaksionele span wat opleiding ontvang, sodat leerders hul skoene as joernaliste behoorlik vol kan staan. Mnr Jaco Lombard en me Zurika Rouseua het in 1997 die leisels van die koerant oorgeneem.

Die ontstaan van die naam is ʼn interessante storie. ʼn Kompetisie vir ʼn nuwe koerantnaam is geloods, maar het geen resultate opgelewer nie. Mnr Lombard het daarna na die woordeboek gegryp, by die letter A oopgemaak en noukeurig deur die woorde gegaan totdat hy die woord “astrant” raakgesien het, wat parmantig of vrypostig beteken.

Sedert 2003 neem Die Astrant aan die NSP (Media 24) Skoolkoerant-kompetisie deel. In 2003 was die koerant ook die landswye naaswenner. Vir die afgelope nege jaar is die skoolkoerant een van die Top 10-skoolkoerante in die land.

Die doel van Die Astrant is om leerders se kreatiwiteit, verantwoordelikheidsin en leierseienskappe te bevorder. Dit vorm ook deel van die skool se bemarkingsprogram, wat skoolaktiwiteite en leerderprestasies aan die gemeenskap kommunikeer en blootstel.

Die redaksie bestaan uit:

  • Twee redakteurs
  • Vyf subredakteurs
  • 30 ander redaksielede wat as joernaliste en fotograwe optree