Kultuuraktiwiteite

Hoërskool Lichtenburg gun leerders die geleentheid om hulself voluit op ʼn kulturele vlak uit te leef. Daarom bied ons ʼn rits kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem:

  • Debat & redenaars
  • Toneel
  • Sêr
  • Skoolkoerant (Die Astrant)
  • Fotografieklub
  • Alles-en-Alles (AIA) Kultuurfees
  • Ander sosiale geleenthede

Debat & redenaars

Aan die begin van elke jaar vind interne redenaarskompetisies plaas waartydens sprekers hul taalvaardigheid in hul huis- of addisionele taal kan bewys. Sprekers neem ook graag deel aan die ATKV-redenaars- en -debatkompetisie. Twee sprekers het in 2014 na die landswye finaal van die ATKV-redenaars deurgedring. In 2015 het ons drie sprekers wat aan die landswye ATKV-Debatskompetisie deelneem

Landswye ATKV Debatsfinaal deelnemers 2015:  Sune Roux, Qudsiyya Ismail en Cailyn Ferreira

Landswye ATKV Debatsfinaal deelnemers 2015: Sune Roux, Qudsiyya Ismail en Cailyn Ferreira


Redenaars 2015 - Gr. 10 - 12 Onvoorbereid:  Ansune Breytenbach, Elme Lange en Phia-Ri Olivier

Redenaars 2015 – Gr. 10 – 12 Onvoorbereid: Ansune Breytenbach, Elme Lange en Phia-Ri Olivier


Redenaars 2015 - Gr. 8 - 9 Onvoorbereid:  Cailyn Ferreira en Carina du Plessis

Redenaars 2015 – Gr. 8 – 9 Onvoorbereid: Cailyn Ferreira en Carina du Plessis


Redenaars:  Gr. 10 - 12 Voorbereid: Christo Badenhorst en Juan-Marie Maree

Redenaars: Gr. 10 – 12 Voorbereid: Christo Badenhorst en Juan-Marie Maree

Ander sosiale geleenthede

Gedurende die jaar vind daar verskeie sokkies plaas, waar leerders mekaar beter kan leer ken. Die groentjiekonsert sorg ook jaar ná jaar vir groot pret wanneer die graad 8-leerders die skool en ouers behoorlik vermaak.

DSC_0076
DSC_0106

Fotografieklub

Die fotografieklub is in 2011 gestig. Dié klub stel leerders in staat om hul passie vir die kunsvorm uit te leef. Professionele fotograwe word gereeld gevra om leerders in dié verband te kom toespreek en raad te gee. Aan die einde van die derde kwartaal is daar ʼn fotografie-uitstalling gehou. Ons is trots op ons leerders wat waarlik ʼn talent het om ʼn duisend woorde in ʼn enkele foto vas te vang.

ATKV-tienertoneel

Daar word jaarliks ‘n toneelstuk vir die skrywe-kompetisie ingeskryf. Ons toneelgroep slaan gereeld een van die topposisies los in dié kompetisie, wat by die Noordwes-Universiteit plaasvind.