Liggie-liefde verf Potchefstroom rooi

Inter2017 242
2017 se Interhoër was hierdie jaar weereens ʼn groot sukses. Al die atlete het puik presteer en ʼn klomp goue, silwer en brons medaljes huis toe gebring.

In besonder baie geluk aan Carma Rossouw(gewigstoot) en Clarissa Weyer(spiesgooi) wat die trofee vir die beste prestasie op die veld deel.

Die kompetisie was sterk en die gehoor het op die punt van hulle stoele gesit. Al die Liggies het voluit deelgeneem en uitstekende sportmanskap getoon. Die geesgroep het hulle stemme weggeskree en almal aangesteek met hulle Liggie-liefde. Juffrou Lizané, haar span en al die dirigente het weereens gesorg dat Liggies in ʼn rooi massa opdaag en almal wys hoe dit gedoen word hier in Liggieland.

Die atletiek en gees het albei tweede plekke verower, maar volgende jaar stap ons daar weg met twee bekers in die hand en ʼn hart vol trots.

Baie dankie aan elke ouer, onderwyser, afrigter, ondersteuner, atleet en geesgroeplid wat deel was van ʼn onvergeetlike Interhoër. Julle maak ons, as Liggies, ongelooflik trots!

-Zoë Jennings