Liggies roer oral waar hulle toer!

hokkie016
Die afgelope vakansie het verskeie van ons sportspanne regoor die land aan toernooie deelgeneem en die bloutrots saamgevat waar hulle okal gegaan het.

Die o/16 hokkiespan het skade gemaak en hulle toernooi by Hoërskool Menlopark gewen, die eerste span het ook uitstekend gevaar en het 2 wedstryde gespeel; wat gelykop geëindig het en wen 3. Die seunshokkiespan het in Rustenburg bewys dat hokkie nie net vir meisies is nie.

Die 0/14 en o/15 netbalmeisies het ons naam in Konka hooggehou terwyl die o/16, o/17 en eerstespan, aan die Klofie-Netbalfees deelgeneem het in Waterkloof. Hulle het uitstekende netbal gespeel.

Die eerste rugbyspan het ons trots gemaak in Oakdale. Hulle het almal gewys het wie die bloumasjien is.

Baie geluk aan elke span wat die vakansie getoer het en ons naam hooggehou het. Wenners is nie die spanne wat altyd wen nie, maar die spanne wat nooit opgee nie! Ons sien uit daarna om te sien wat die Liggies vorentoe gaan oplewer.

- Zoë Jennings