Liggies se eerste “Wipout” `n reuse sukses.

IMG_8471
WipeOut Gériaan Dry Op 2 Maart 2017 het leerders van Hoërskool Lichtenburg hulle avontuurlustigheid tot nuwe hoogtes gevoer! Liggies het gelag en baljaar tydens die waterkaskanades of WipeOut wat by Hoërskool Lichtenburg aangebied is.

Liggies het behoorlik die water laat spat en skuimbolle en -borrels het vir baie pret en plesier gesorg.

Dit was ‘n welverdiende blaaskans tussen die daaglikse roetine van akademie, sport en ander verpligtinge.

Die geleentheid was ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur mnr. Pretorius en die Leerderontwikkelingskomitee gereël is.