Liggies verower twee medaljes by Atletiek SA’s!

Die volgende Hoërskool Lichtenburg atlete se harde werk gedurende die seisoen is beloon toe hulle gekwalifiseer het vir die SA Skole kampioenskappe wat gedurende die April vankansie in Bloemfontein gehou is.

Aubrey Reyneke, Hansie Pieterse, Carien Breytenbach, Madri Rabe, Lienge Lamprecht, Chrize Kuhn, Anri Louw, Gomolemo Kerileng, Gontse Selebogo, Eunice Steenekamp, Carma Rossouw, Rieze Janse van Rensburg, Olebogeng Mogapi en Ane Venter.

Eunice Steenekamp (4de Driesprong en Verspring), Gontse Selbano (5de Driesprong, Carma Rossouw (4de Diskus) en Rieze Janse van Rensburg (5de 400m) kan spog deur te sê dat hulle onder die top 5 Atlete in Suid Afrika is!

Rieze Janse van Rensburg en Lienge Lamprecht was ook lid van aflosspanne wat 4de gekom het.

Die groot trots van die skool is egter Ane Venter en Olebogeng Mogapi (fotos regs) wat 2de in hulle hindernis items was en daardeur elkeen `n silwer SA Skole medalje verower het!

Die skool en sy gemeenskap is voorwaar trots op hierdie leerders.

Ane Venter

Share This: