Maryna is `n top 25 matrikulant!

maryna
Maryna Kamfer is aangewys as een van die top 25 finaliste in die jaarlikse "Matrikulant van die jaar" kompetisie aangebied deur Kovsies!

Al die finaliste voldoen aan die kriteria van uitsonderlike prestasies in akademie, leierskap, sport en kultuur en elkeen van hulle dien in verkose leiersposisies in die leerlingrade van hul skole.

Dit is `n prestasie wat nie sommer elke dag bereik word nie en die skool is ongelooflik trots op haar!