Meisieskrieket wen Noordwes liga!

Photo 2016-09-26, 4 42 36 PM
Die eerste meisieskrieketspan het Woensdag teen Hoërskool Wolmaranstad in die finaal van die Noordwes Platinumliga gespeel.

Liggies het die loot gewen en besluit om eerste te boul! Die span het uitstekend in die veld presteer en geslaag daarin om Wollies tot 118/6 te beperk inb hulle 20 beurte. Die volgende boulers het uitgestaan:

Azelle Venter: 4 beurte 24 lopies 3 paaltjies Carna Rossouw: 4 beurte 18 lopies 2 paalties

Die kolfbeurt het nie so goed soos die boulwerk begin nie en die Liggies was na 5 beurte diep in die moeilikheid op 22/5 met al 5 top kolwers terug op die Pawiljoen...maar Mandelene Olivier en Chandre Anker het toe besluit om Wollies se paaltjiepartytjie stop te sit.

Met `n onoorwonne 53 lopies van slegs 35 balle en goeie ondersteuning van Chandre se 17 lopies van 12 balle het Mandelien gesorg dat Lichetenburg Wolmaranstad se totaal in die 19de beurt verbysteek!

Hierdie is die eerste keer dat Hoërskool Lichtenburg hierdie titel verwower, maar danksy die feit dat daar net een matriek leerder die span die jaar moet verlaat kan ons seker wees dat die span volgende jaar steeds uitstekende krieket sal speel!