Twee, drie, hier kom die Bloumasjien!

Op 20 Mei 2017, het die Bloumasjien in groot getalle KHS toe vertrek vir die jaarlikse Classic Clash. Ons netbal-eerstepan  het ongelukkig naelskraap verloor. Die hokkie eerstespan het behoorlik vir KHS gewys waar Dawid die wortels gegrawe het en het 7-1 gewen Die rugby eerstespan het na ‘n senutergende wedstryd uiteindelik 25-22 gewen. Twee, drie, […]

Liggies roer oral waar hulle toer!

Die afgelope vakansie het verskeie van ons sportspanne regoor die land aan toernooie deelgeneem en die bloutrots saamgevat waar hulle okal gegaan het. Die o/16 hokkiespan het skade gemaak en hulle toernooi by Hoërskool Menlopark gewen, die eerste span het ook uitstekend gevaar en het 2 wedstryde gespeel; wat gelykop geëindig het en wen 3. […]

Liggie-liefde verf Potchefstroom rooi

2017 se Interhoër was hierdie jaar weereens ʼn groot sukses. Al die atlete het puik presteer en ʼn klomp goue, silwer en brons medaljes huis toe gebring. In besonder baie geluk aan Carma Rossouw(gewigstoot) en Clarissa Weyer(spiesgooi) wat die trofee vir die beste prestasie op die veld deel. Die kompetisie was sterk en die gehoor […]

Meisieskrieket wen Noordwes liga!

Die eerste meisieskrieketspan het Woensdag teen Hoërskool Wolmaranstad in die finaal van die Noordwes Platinumliga gespeel. Liggies het die loot gewen en besluit om eerste te boul! Die span het uitstekend in die veld presteer en geslaag daarin om Wollies tot 118/6 te beperk inb hulle 20 beurte. Die volgende boulers het uitgestaan: Azelle Venter: […]

Avontuurspanne domineer by Provinsiale Byeenkoms

Die Liggies avontuurspanne het die afgelope naweek die kompetisie heeltemal oorheers by die provinsiale byeenkoms! Spanne van Gauteng en Noordwes neem saam aan die kompetisie deel! In die Junior kompetisie kon Liggies daarin slaag om beide die goue en die silwer medalje huistoe te bring, terwyl die senior spanne al die plekke op die podium […]

Maryna is `n top 25 matrikulant!

Maryna Kamfer is aangewys as een van die top 25 finaliste in die jaarlikse “Matrikulant van die jaar” kompetisie aangebied deur Kovsies! Al die finaliste voldoen aan die kriteria van uitsonderlike prestasies in akademie, leierskap, sport en kultuur en elkeen van hulle dien in verkose leiersposisies in die leerlingrade van hul skole. Dit is `n […]

Hanje Nel verkies vir Noordwes span

Hanje Nel is verkies om die Noordwes MTB span by die nasionale kampioenskappe later in die jaar te verteenwoordig. Hierdie is voorwaar `n besonderse prestasie en die skool wens haar alle sterkte toe vir die kompetisie.

Aia fees weereens `n top kultuurfees.

Die Aia – fees (Alles in Alles) was hierdie jaar aangebied vanaf die 1ste tot die 12de Augustus. Die fees is elke jaar `n hoogtpunt op Lichtenburg se kalender en `n groot opgewondenheid heers by die skool gedurende hierdie twee weke. `n Paar fotos van die hoogtepunte van die week is hieronder.