o/15 A Krieket Presteer

Lohan Hefer en AJ Erasmus het die naweek `n sleutel rol gespeel in die o/15 A span se 267 lopie oorwinning teen Benoni High.

Lohan teken 128 lopies van 80 balle aan en AJ 139 van 126 balle.

Die span het na 50 beurte 396 lopies op die bord gehad waarna hulle Benoni vir slegs 129 lopies uitgehaal het!

Die span eindig die Finsbury reeks onoorwonne nadat hulle oorwinnings oor Middelburg, Benoni High en Noordheuwel behaal het.

Share This: