Algemene Inligting

SKOOLFONDS

Hoërskool Lichtenburg is ‘n kwantiel 4 skool. Skoolgeld word jaarliks in November voorgestel en deur ons ouers goedgekeur.
Skoolfonds vir 2018 beloop R13 700.00 per leerling.

 

LIGGIE-ROOSTER

Elke leerling ontvang aan die begin van die jaar ‘n 6-dag rooster. Die rooster word dan aaneenlopend gevolg.

 

SKOOLTYE

Die Hoërskool Lichtenburg se dag begin stiptelik om 07:20
Ons skool sluit Maandag tot Donderdae 14:00 en Vrydae 13:15

 

SKOOLDRAG
Skooldrag:
Seuns:
• Swart/bruin toeryg skoolskoene (Grasshoppers)
• Grys lang skoolkouse opgetrek bokant kuite
• Blou voorgeskrewe kortmou skoolhemp
• Kort grys skoolbroek of
• Grys skoollangbroek, maar dan is das verpligtend
• Oortrektrui
• Skoolbaadjie met saalopeninge op Maandae
• Skoolbaadjie by alle amptelike skoolgeleenthede
Bypassende swart lyfgordel saam met langbroek
• Das en Baadjie met langbroek verpligtend vir Wintersdrag.

Dogters:
• Swart skoene met gespe of veters.
• Kort blou skoolkouse (somer)
• Blou voorgeskrewe skoolromp
• Blou voorgeskrewe kortmou skoolhemp ingesteek in romp
• Skoolbaadjie met saalopening op Maandae
• Skoolbaadjie by alle amptelike skoolgeleenthede
• Oortrektrui
• Lang donkerblou skool sykouse (Winter)
• Voorgeskrewe blou langbroeke mag tydens die Winter gedra word.

Skooldrag beskikbaar by die 4School en Mahommeds en by die Klerebank.

 

KLEREBANK

Klere uit ons klerebank is tweedehands. Per afspraak. Kontak me Pretorius via die ontvangs (leerderaangeleenthede)

 

FASILITEITE

Hoërskool Lichtenburg beskik oor die volgende sentrums:
• Leessentrum
• Ingeniersgrafika en Ontwerp
• Inligtingstegnoloie
• 2 x Rekenaartoepassinstegnologie
• 2 x Meganiese Tegnologie
• 2 x Elektriese Tegnologie
• 2 x Verbruikerstudies
• Volledige Musieksentrum

Op die sportterrein spog ons met:
• 4 Rugbyvelde
• 6 Weervaste netbalbane
• 2 Hokkievelde
• Volledig toegeruste Gimnasium met Biokinetikus
• Krieketveld
• Binneshuise sportsentrum
• Swembad
• 4 Tennisbane
• 2 Muurbalbane