Koshuis

Ons spog met twee volle toegeruste koshuise – Justitia Meisieskoshuis en Aanhouwen Seunskoshuis.  Albei is op die skoolterrein en die veiligheid van leerders word ten alle koste eerste gestel.

Die spyskaarte vir drie gebalanseerde maaltye per dag, word deur ‘n paneel van dieetkundiges uitgewerk, en dan in ‘n moderne kombuis met gesonde gaarmaakmetodes voorberei.

Koshuisgelde vir die jaar beloop R23 700.00 per leerder per jaar, en is in drie paaiemente betaalbaar.

Elke koshuis het sy eie koshuisvader en personeel.

 

Koshuisvaders:

JUSTITIA – Mnr Gerhard Botha

AANHOUWEN – Mnr Hendrik Odendaal

 

Laai af

Koshuisbeleid

Aanhouwen koshuistoelating