Koshuise & koshuisgelde

Aanhouwen Seunskoshuis

In 1930 het daar ʼn behoefte ontstaan om ʼn seunskoshuis te bou. Kort daarna open Aanhouwen sy deure en word die seunskoshuis die blyplek van talle seuns op Lichtenburg. Gedurende die jaarlikse afskeidsdinee vir graad 12-koshuisseuns kyk Aanhouwenners met hartseer en trots terug op al die koshuistradisies en -kultuur wat hul so na aan die hart lê. Mnr Hendrik Odendaal, die koshuisvader, en sy bekwame span maak seker dat die koshuisondervinding vir elke seun ʼn blywende een sal wees.

Justitia Meisieskoshuis

Die meisieskoshuis is reeds in 1922 geopen. Sedertdien fokus die koshuis daarop om voortdurend ʼn kultuur van trots en samehorigheid te kweek. Mnr Gerhard Botha en sy vrou slaag tans maklik daarin om hul skoene as “koshuispa en -ma” vol te staan. ‘n Huislike tog veilige atmosfeer word vir die meisies geskep. Jaarliks word die nuwe graad 8-leerders stadig gewoond gemaak aan die koshuislewe en neem hulle dan graag deel aan aktiwiteite soos serenades, geesvangaande en Mej Justitia. By Justitia word jarelange vriendskappe gesmee en meisies word geleer om soos dames op te tree.

Mnr Hendrik Odendaal:

hendriko@nwisp.co.za

Mnr Gerhard Botha:

gerhardb@nwisp.co.za

Koshuisgelde

Koshuisgelde vir 2017 beloop R22 000 per jaar. Die geld kan ook in kwartaallikse paaiemente van R6 500 (eerste drie kwartale) en een paaiement van R2 500 (laaste kwartaal) betaal word.