Puk Prestige Reeks: Finale Uitslae


Die finale wedstryde van die Puk Prestige reeks het plaasgevind op Woensdag 27 April. Liggies het vyf spanne, drie hokkie en twee rugby, gehad wat om eerste plekke meegeding het!

Beide die hokkie en die rugby kon daarin slaag om hulle finale te wen en dus is die volgende spanne as wenners gekroon:

Rugby: 1ste en 4de Spanne
Hokkie: o/15A, o/16B en die 2de Span

Dit was veral die eerste rugbyspan wat uitgestaan het met `n spog 37 – 3 oorwinning oor Hoërskool Noordheuwel!

Die skool is aan die einde van die dag aangewys as die beste hokkieskool. Die netbal en rugby het albei vyfde klaargemaak. Die skool behaal ook die algehele vyfde plek in die reeks, `n verbetering van 2 plekke op die 2015 presasie!

Share This: