Radikale Redenaars: Finaal 30 en 31 Oktober 2015

Hoërskool Lichtenburg kan met reg trots wees op sy deelnemers en hul prestasies.

Wianda Gilliland en Faraaz Ismail is aangewys as NASIONALE WENNERS in die afdeling Eksperimenteel(Graad 12). Johane van der Linden is die NASIONALE WENNER in die afdeling: Lees: Afrikaanse Poësie(gr.9). Qudsiyya Ismail en Phia-Ri Olivier het tweede plek in hul afdelings behaal. Chrisma Lemmer en Nnakie Marumoloe het hul ook goed van hul taak gekwyt.

Ons het ook baie goed gevaar in die skryfkunskompetisie! Christo Alberts, Amy de Wet, Anja van Deventer, Nicole Tiley, Johanine Muller, Lesego Zaza, Bianca Hurter, Rebone Mosupa, Chrisma Lemmer en Ansche Grobler het baie goeie terugvoering ten op sigte van hul skryfkuns ontvang.

Share This: