Mnr en Me Liggie 2017 by glansgeleentheid!

mnrjufliggie
Die jaarlikse Mnr. en Mej. Liggie-kompetisie het op Donderdag 4 Mei plaasgevind en was weereens ʼn reuse sukses. Na maande se beplanning, moeite en opoffering het die finaliste die loopplank betree.

Elke finalis is gevra om ʼn kort video van hulself te maak waarin hulle ons meer van hulself vertel. Hulle het beslis buite die boks gedink en die hele skool daarmee vermaak. Die finaliste moes ook die loopplank betree in uitrustings waarin hulle die volgende moes uitbeeld; wat hulle eendag wil word, enige karakter, ʼn land en dan natuurlik die formele drag.

Janco Stoltz en Eunice Steenekamp was vir die laaste keer as Mnr en Mej Liggie van 2016 op die loopplank. Na die afloop van die kompetisie is daar lekker gesokkie, terwyl die beoordelaars ons nuwe Mnr en Mej Liggie vir 2017 gekies het.

Die oomblik waarvoor almal gewag het, het aangebreek; Carla Louw en Hendro Botha is aangewys as die nuwe Mnr en Mej Liggie! Eerste prins en prinses is Mikyla Keyser en Drickus Myburgh en tweede is Jana Pienaar en Johs de Villiers.

Baie dankie aan Juffrou Mariaan vir al die reëlings, CP en Rieze wat die aand aangebied het en die beoordelaars, sonder julle sou dit nie so ʼn groot sukses gewees het nie. Baie geluk aan Carla en Hendro asook elke finalis, julle was uitstekend!

-Zoë Jennings