Sport

Atletiek

Bokkesport word jaarliks gehou waar die leerders in vier spanne verdeel word.  Die KOEDOES, GEMSBOKKE, IMPALAS EN HARTEBEESTE ding mee om ‘n Atletiek- en Geesbeker.

Elke Desembervakansie word daar ‘n oefenkamp vir atlete gehou om hul geestelik en fisies voor te berei vir die atletiekseisoen.

Atlete neem deel aan groot byeenkomste soos UJ se Top 15,  TUKS aflos- en Top 10 byeenkomste.

Liggies is deel van die Interhoër Vasity Atletiek, asook die Super Inter vir skole.

Elke jaar is ons trots op ons atlete wat uitstekend presteer by die Skole SA- byeenkoms waar hul Noordwes verteenwoordig.

 

 


 

Avontuursport

As jy hou van adrenalien, dan is Avontuursport by Hoërskool Lichtenburg nét die ding vir jou!  Die derde kwartaal kan nie gou genoeg vir ons atlete, wat aan hierdie gewilde sportsoort deelneem, aanbreek nie.

Avontuursport verg deursettingsvermoë en goeie leierskap.  Spanne van vier lede per span, kompeteer oor lang afstande, onder andere in swem, hardloop, fietsry en roei.  Kaart- en kompaslees word van die spanne verwag Spanlede moet te alle tye en soms onder moeilike, nugter dink.

Liggies is die toonaangewende skool in die Noordwes-Provinsie as dit by Avontuur kom.  Ons spanne blink elke jaar as wenners in die senior en junior kompetisie aan.

Elke jaar neem ongeveer vier spanne van Hoërskool Lichtenburg aan die SA Avontuurbyeenkoms deel, Hulle kon medaljes in te palm.

Hoërskool Lichtenburg is trots op ons oud-Liggies wat op Internasionale vlak deelneem aan byeenkomste soos die Tierra Viva Race in Pategonië, Argentinië.

 

 


 

Fietsry

Hoërskool Lichtenburg is die trotse gasheer van een van die vier SPUR MTB-fietswedrenne in die Noordwes-Provinsie.

 

 


 

Gholf

Die gholfspanne van Hoërskool Lichtenburg ding mee in die Noordwes Skole Liga, asook die PUK-reeks.  In 2017 het Liggies Gholf met hul eerste plek, koning gekraai in die PUK-reeks.

Oor die afgelope paar jaar het Liggies, as Ligawenners met ‘n hele paar trofeë weggestap. Elke jaar lewer Hoërskool Lichtenburg provinsiale spelers op wat op Nasionale vlak goed presteer.

In 2017 het Stephan Maritz aan die landswye “Verste-dryf-kompetisie” deelgeneem. Hy het ‘n trotse tweede plek verower.

 

 


 

Hokkie

Dogtershokkie:

Hoërskool Lichtenburg staan nie net bekend as ‘n gedugte hokkieskool in die Noordwes- Provinsie nie, maar daar word na Liggies verwys as een van die top hokkieskole in die Noordvaal-streek vir Groot- en Makroskole.

Jaarliks presteer ons spanne, deur in al die ouderdomsgroepe as wenners, of naaswenners van die liga te eindig.  Liggies se A-spanne kwalifiseer elke jaar om in die Noordvaal-uitspele te speel waar ons met groot kanonne kompeteer.

In die PUK-reeks het Liggies-hokkie die afgelope paar jaar onder die Top 3 posisie geëinding.

Gereelde toere en toernooie skerp spelers op om tydens die liga hul beste te lewer.  Gedrewe afrigters, tesame met ‘n trotse hokkiekultuur, onderskei Liggies- hokkie van ander hokkiespanne.

 

 

Seunshokkie:

Sedert 2015 het Hoërskool Lichtenburg weer ‘n seunshokkie span. Ons Junior- en Seniorspanne kompeteer in die PUK-reeks, asook die skole Noordwes-Liga.

In 2017 was die Juniorspan die wenners van die Noordwes Poel B-Liga waaraan hul deelgeneem het.

Dié sportsoort is besig om met rasse skrede te groei.

 

 


 

Krieket

‘n Besonderse krieketkultuur van respek, dissipline en goeie waardes, word by Hoërskool Lichtenburg gekweek.  Oor die afgelope paar jaar het krieket, met behulp van passievolle afrigters, tot hoër hoogtes gegroei.

Liggies beskik oor een van die mooiste krieketovale in die Noordwes-Provinsie.  Daar is ses krieketnette wat in gebuik is.

Vier seunsspanne en twee dogterspanne kompeteer in verskillende ligas. Ons krieketspanne neem deel aan die Finsbury Liga, Noordwes T20-liga, ‘n Wintersliga en die Noordwes Skole Liga.

Hoërskool Lichtenburg lewer elke jaar  provinsiale spelers op wat die seuns en dogters Dragon-spanne verteenwoordig.

‘n Binnenshuise krieketfasiliteit word vir Aksie Krieket en afrigtingsessies aangewend.

 

 


 

Netbal

Met pragfasiliteite, wat uit ses weervaste netbalbane bestaan, asook passievolle afrigters, is netbal by Hoërskool Lichtenburg, ‘n sportsoort wat met ’n dinamiese krag voortbeweeg.

Hier word meisies nie net die geleentheid gegun om hul liefde vir dié sport uit te leef nie, maar harde werk en spangees word ook bevorder.  Afrigters woon gereeld kursusse by om te verseker dat hul op hoogte van nuutste aftigtingstegnieke bly.

Vele toernooie, toere en ligas, is jaarliks op die netbalkalender om soveel moontlike blootstelling aan spelers te gee.  Drie spanne per ouderdomsgroep neem deel.

 

 


 

Rugby

Die Bloumasjien van Hoërskool Lichtenburg, is vir enige skool ‘n gedugte span om mee rekening te hou.  In die Noordwes Provinsie, kraai Liggies se rugbyspanne koning.  Gedurende 2017 het hulle 6 uit die 10 Groot Skole Ligas gewen.

In ‘n skool met ‘n sterk rugbytradisie, is hierdie sukses die uitvloeisel van toegewyde afrigters.  Hulle maak van gevorderde afrigtingsmetodiek gebruik om seker te maak dat elke speler – ongeag die span waarin hy speel – sy volle potensiaal ontwikkel.

Liggies se rugbyspanne neem deel aan die PUK-reeks en gaan in 2018, in die Noordvaal Verseker Beker Liga, staal wys.

Gedurende 2017 spog ons met 5 Cravenweek-spelers.

Daar word elke jaar ‘n 7’s Rugbytoernooi op ons pragterrein aangebied. 16 skole ding teen mekaar mee.

 


 

Swem

Hoërskool Lichtenburg beskik oor ‘n 25m swembad. Jaarliks word ‘n Interhuis-gala aangebied en swemmers neem in hul verskeie bokspanne deel.

Deelname aan ‘n Interskole-kompetisie geskied  vroeg in die jaar. Individue neem tydens die swemseisoen aan verskeie gala’s reg oor die provinsie deel.

 

 


 

Tennis

Tennis is ‘n baie gewilde sport by Hoërskool Lichtenburg.  Die skool beskik oor uitstekende fasiliteite, wat insluit:

4 Tennisbane met spreiligte asook ‘n  klubhuis met kleedkamers  en ‘n kombuis.

‘n Tennis Akademie, onder leiding van Riaan Booyens van Golden Tennis Academy, bied afrigting aan spelers d.m.v. privaatsessies,  asook afrigting in spanveband.

Met begeesterde spanbestuurders en afrigters,  leer spelers die belangrikheid van spangees en deursettingsvermoë  aan sodoende word ‘n passie vir tennis gekweek.

Gereelde toere word onderneem en toernooie word bygewoon. Liggies is trots op hul jaarlikse Deurnag Tennistoernooi, wat aangebied word.  Hierdie toernooi word goed deur ander skole ondersteun.

 

 


 

Tweekamp & Landloop

By Hoërskool Lichtenburg glo ons:  ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.  Landloop is vir ons belangrik, sodoende word ‘n liefde vir hardloop by ons leerders te gekweek.

Voorbereiding vir die landloopseisoen verg harde werk en toewyding van atlete.  ‘n Skole iga maak deel uit van die Liggies-seisoen.  Daar word ook in die PUK-reeks meegeding.

Elke jaar lewer Liggies ‘n groot hoeveelheid provinsiale atlete op en die atlete neem aan die SA-Landloopbyeenkoms deel.

Tweekamp is ook ‘n sport waarin Liggies se atlete besonder goed presteer.  Daar word baie kilometer afgelê om aan soveel moontlik byeenkomste deel te neem.

 

 


 

Laai af

Toestemmingbrief Sport