Atletiek

  • Atletiek
  • Atletiek
  • Atletiek
  • Atletiek
  • Atletiek

INTERHOëR 2015

Hoërskool Lichtenburg het op ‘n warm dag die jaarlikse Interhoër aangebied op die PUK McArthur stadion in Potchefstroom op 14 Februarie 2015. Dit was omtrent ‘n organisasie om al die toerusting, verversings en deelnemende leerders daar te kry. Met die genade van Bo het ons alles betyds reggekry en kon die byeenkoms om 7:00 begin. Die byeenkoms is begin met ‘n optog van elke skool wat deelgeneem het. Die volgende skole het die dag aan die atletiek deelgeneem: Hoërskool Gimnasium, Hoër Volkskool, Girls High en Boys High – al die skole is van Potchefstroom. Hoërskool Windhoek het al die pad van Namibië gereis om die dag saam met ons te spandeer. Lichtenburg was die gasheer skool.
Om 8:15 het die byeenkoms amptelik begin. Die toeskouers is beindruk met atletiek uit die boonste rakke. Verskeie rekords is opgestel en gebreek. Daar was ook ‘n kompetisie tussen die verskillende skole se Geesspanne. Elke skool het sy eie tema gehad. Hoërskool Lichtenburg is as die beste Geesspan aangewys aan die einde van die dag. Ons het die ander skole uitgestof met ‘n totale punt van 727.
Algeheel het Lichtenburg tweede gekom met die dag se verrigtinge. Daar is in elke item ‘n A en ‘n B afdeling. Die uitslae is daarvolgens bereken.
Hier is die finale uitslae:
Geesbeker: Hoërskool Lichtenburg

Dogterskompetisie A Wenner Gimmies
273 Punte
2de Plek Lichtenburg
245 Punte
3de Plek Volkskool
199 Punte
Seunskompetisie A Wenner Gimmies
267 punte
2de Plek Lichtenburg
223 punte
3de plek Volkskool
215 punte

Dogterskompetisie B Wenner Gimmies
297 Punte
Tweede plek Lichtenburg
246 Punte
Derde plek Volkskool
204 Punte
Seunskompetisie B
Wenner Gimmies
282 Punte
Tweede plek Lichtenburg
240 Punte
Derde plek Volkskool
224 Punte

ALGEHELE WENNER
Kompetisie A punte 1ste Plek Gimmies
540
2de Plek Lichtenburg
468 punte
3de Plek Volkskool
4414 punte

Beste Junior Dogtersatleet in 1 item Clarissa Weyer Lichtenburg Spiesgooi
Dogters 0/14 ABSA PUNT
1174
Beste Senior Dogtersatleet
1 item Tanya van Deventer Gimnasium Hoogspring
Dogters 0/19
ABSA PUNT
960
Beste Junior Seunsatleet 1 item Ivan Geldenhuys Windoek Verspring
Seuns 0/14 ABSA PUNT
1006
Beste Senior Seunsatleet 1 item Mitchelle van der Merwe Gimnasium Spiesgooi
Seuns 0/16 ABSA PUNT 1081

Beste dirigente
Dogtersdirigent Lichtenburg Almonay Oosthuizen
Seunsdirigent Lichtenburg Janrich Kotze