Dogtershokkie:
Hoërskool Lichtenburg staan nie net bekend as ‘n gedugte hokkieskool in die Noordwes- Provinsie nie, maar daar word na Liggies verwys as een van die top hokkieskole in die Noordvaal-streek vir Groot- en Makroskole.
Jaarliks presteer ons spanne, deur in al die ouderdomsgroepe as wenners, of naaswenners van die liga te eindig. Liggies se A-spanne kwalifiseer elke jaar om in die Noordvaal-uitspele te speel waar ons met groot kanonne kompeteer.
In die PUK-reeks het Liggies-hokkie die afgelope paar jaar onder die Top 3 posisie geëinding.
Gereelde toere en toernooie skerp spelers op om tydens die liga hul beste te lewer. Gedrewe afrigters, tesame met ‘n trotse hokkiekultuur, onderskei Liggies- hokkie van ander hokkiespanne.
Seunshokkie:
Sedert 2015 het Hoërskool Lichtenburg weer ‘n seunshokkie span. Ons Junior- en Seniorspanne kompeteer in die PUK-reeks, asook die skole Noordwes-Liga.
In 2017 was die Juniorspan die wenners van die Noordwes Poel B-Liga waaraan hul deelgeneem het.
Dié sportsoort is besig om met rasse skrede te groei.