Tennis is ‘n baie gewilde sport by Hoërskool Lichtenburg. Die skool beskik oor uitstekende fasiliteite, wat insluit:
4 Tennisbane met spreiligte asook ‘n klubhuis met kleedkamers en ‘n kombuis.
‘n Tennis Akademie, onder leiding van Riaan Booyens van Golden Tennis Academy, bied afrigting aan spelers d.m.v. privaatsessies, asook afrigting in spanveband.
Met begeesterde spanbestuurders en afrigters, leer spelers die belangrikheid van spangees en deursettingsvermoë aan sodoende word ‘n passie vir tennis gekweek.
Gereelde toere word onderneem en toernooie word bygewoon. Liggies is trots op hul jaarlikse Deurnag Tennistoernooi, wat aangebied word. Hierdie toernooi word goed deur ander skole ondersteun.