Top 10 Toer: Noordwes – Vrystaat – Natal

2017-03-05-PHOTO-00000102

Top 10-toer 2017
Cailyn Ferreira

Saterdag, 25 Januarie 2017, het die top 10-Liggies van elke graad op die Top 10-toer vertrek. 

Hierdie jaar se toer het begin in Clarens, waarna hulle na die Drakensberge toe is en  toe uiteindelik in Natalia en Amanzimtoti gestop het. Enigiemand wat van buite gekyk het, sou nooit kon raai dat dit 'n groep akademiese presteerders was nie. Hulle is avontuurlustige, luidrugtige tieners wat aan toue swaai, oor dakke klim en Natalia se reëls effens beproef. 

Is die top 10 'n klomp bleeksiele wat net kan leer? Beach please, alles behalwe!

Dankie aan Hein, Eunice en meneer Blom vir al julle moeite, die toer was fantasties!