Uitslae: SA Nasionale Skole Perdry Kampioenskappe

Photo 2016-09-23, 11 58 51 AM
Core League:

Rumari Roode en haar Perd Midsummer Night's dream ontvang die eerste plek vir dressering uit `n klas van 20 ruiters. Rumari is dus die nationale kampioen in die klas. Rumari en haar spanmaat uit Klerksdorp het ook met gemak die eerste plek behaal in die Extreme Equation klas.

In die Prix Caprilli klas verwerf sy individueel `n 8ste plek maar die NW skole span het `n algehele eerste plek in die klas verower.


Western Mounted Games

Eleanor Voster en Johane Goosen het as lede van die Noordwes span aan die kompetisie deelgeneem waar die Noordwes span algehele vierde plek behaal het.


Endurance:

Phia-ri Olivier behaal as lid van die Noordwesspan `n algehele 1ste plek tydens die rit.

<
Baie geluk aan elkeen van hierdie ruiters wat almal na `n jaar van harde werk saam hulle perde baie goed tydens die SA's presteer het.