Algemene inligting

Skoolfonds

Hoërskool Lichtenburg is ‘n kwantiel 4 skool. Skoolgeld word jaarliks in November vasgestel en deur ons ouers goedgekeur. Skoolfonds vir 2022 beloop R18 300.00 per leerling.

Leerder per Jaar – R 18 300.00

Skoolfonds kan as volg betaal word:
Per jaar: R 18 300.00
Per kwartaal (4 kwartale): R 4 575.00
Per maand (10 maande): R 1 830.00

Liggie-rooster

Elke leerling ontvang aan die begin van die jaar ‘n 6-dag rooster. Die rooster word dan aaneenlopend gevolg.

Skooltye

Hoërskool Lichtenburg dagprogram begin stiptelik om 07:20
Ons skool sluit Maandag tot Donderdae 14:00 en Vrydae 13:15

Skooldrag

Dogters:
Somersdrag

SkoeneSwart skoolskoene met gespe en/of veters
KouseKort, blou skoolkouse
RompVoorgeskrewe skoolromp, nie korter as 4 vingers bokant die knie nie (of 10cm van die grond af as dogter op haar knieë staan)
HempVoorgeskrewe blou skoolhemp moet ten alle tye in die romp ingesteek wees
TruiVoorgeskrewe blou moulose oortrektrui (indien nodig)
SkoolbaadjieSkoolbaadjie met saalopeninge op Maandae, asook tydens amptelike skoolgeleenthede

Wintersdrag

SkoeneSwart skoolskoene met gespe en/of veters
KouseLang, donkerblou sykouse
RompBlou skoolromp met bogenoemde sykouse, nie korter as 4 vingers bokant die knie nie, (of 10cm van die grond af as dogter op haar knieë staan)
BroekVoorgeskrewe langbroek mag gedra word in die plek van
die skoolromp en sykouse
SerpVoorgeskrewe skoolserp
HempVoorgeskrewe langmouhemp met das is verpligtend
TruiSkooltrui (langmou of mouloos) mag slegs saam met die skoolbaadjie gedra word
SkoolbaadjieVoorgeskrewe blou baadjie is verpligtend asook die das. Skoolbaadjie met saalopeninge op Maandae, asook tydens amptelike skoolgeleenthede

Seuns:
Somersdrag

SkoeneSwart/Bruin toerygskoolskoene (Grasshoppers); skoene nie gepunt nie; geen blinkleer-en hardesoolskoene nie
KouseGrys, lang skoolkouse-opgetrek tot by kuite
BroekKort; grys skoolbroek of grys langbroek; ‘n skooldas is verpligtend
HempVoorgeskrewe blou skoolhemp moet ten alle tye in die broek ingesteek wees
TruiVoorgeskrewe blou moulose oortrektrui (indien nodig)
SkoolbaadjieSkoolbaadjie met saalopeninge op Maandae, asook tydens amptelike skoolgeleenthede
GordelBypassende swart lyfgordel moet te alle tye saam met die langbroek gedra word. Geen uitermatige gespes mag gedra word nie

Wintersdrag

SkoeneSwart/Bruin toerygskoolskoene (Grasshoppers); skoene nie gepunt nie; geen blinkleer-en hardesoolskoene nie
KouseGrys, lang skoolkouse-opgetrek tot by kuite
BroekGrys skoollangbroek
HempVoorgeskrewe langmouhemp met das is verpligtend
TruiSkooltrui (langmou of mouloos) mag slegs gedra word indien die skoolbaadjie gedra word
SerpVoorgeskrewe skoolserp
SkoolbaadjieVoorgeskrewe blou baadjie is verpligtend asook die das. Skoolbaadjie met saalopeninge op Maandae, asook tydens amptelike skoolgeleenthede
GordelBypassende swart lyfgordel moet ten alle tye saam met die langbroek gedra word. Geen uitermatige gespes mag gedra word nie

Klerebank

Klere uit ons klerebank is tweedehands.
Per afspraak. Kontak me K. Pretorius via die ontvangs (leerderaangeleenthede)

Fasiliteite

Hoërskool Lichtenburg beskik oor die volgende sentrums:
Leessentrum
Ingenieursgrafika en-Ontwerp
Inligtingstegnoloie
2 x Rekenaartoepassinstegnologie
2 x Meganiese Tegnologie
2 x Elektriese Tegnologie
2 x Verbruikerstudies
Volledige Musieksentrum

Op die sportterrein spog ons met:
Atletiekveld
4 Rugbyvelde
6 Weervaste netbalbane
2 Hokkievelde
Volledig-toegeruste gimnasium met biokinetikus
Krieketveld
Binnenshuise sportsentrum
Swembad
4 Tennisbane
2 Muurbalbane