Koshuise

Ons spog met twee ten volle toegeruste koshuise – Justitia Meisieskoshuis en Aanhouwen Seunskoshuis. Albei is op die skoolterrein en die veiligheid van leerders word ten alle koste eerste gestel.

Die spyskaarte vir drie gebalanseerde maaltye per dag, word deur ‘n paneel van dieetkundiges uitgewerk, en dan in ‘n moderne kombuis, met gesonde gaarmaakmetodes, voorberei.

Koshuisbestuur

Hoof: Mnr D. Mathee
SDO (Ondersteuning/Dissipline): Mnr I. Pretorius
Finansies: Me. H. de Wet
Voedseldiensbestuur: Me. M. Gilliland
SDO Justitia: Mnr. G. Botha
SDO Aanhouwen: H. Odendaal

Justitia & Aanhouwen
Voogde: Me. L. Breytenbach & Mnr. S. du Toit
Verteenwoordigende Leerlingraad

Koshuisgelde vir 2021

Koshuisgelde is streng vooruitbetaalbaar.

Leerder per jaar – R26 850.00

Koshuisgelde kan as volg betaal word:

Per kwartaal (3 kwartale): R8 950.00
Per maand (10 maande): R2 685.00

Finale betaling: 31 Oktober 2021