Liggies Musieksentrum
Die Liggies-musiekgebou is die hartklop van die skool waar musiekleerlinge hulle passie en drome uitleef. Ons spog met ons eie musiekakademie.
Die missie van die musiekakademie is om gehalte musiek toeganklik te maak vir almal en ‘n liefde vir musiek by die leerlinge te kweek wat hulle die res van hulle lewe sal bybly.
Liggies-musiek funksioneer op twee bene:
• Buite-kurrikulêre akademie waar enige iemand ʼn instrument kan leer be speel.
• Musiek as keusevak.
Instrumente wat aangebied word:
• Klavier
• Klawerbord
• Klassieke Kitaar
• Elektriese / Baskitaar
• Ukulele
• Dromme
• Sang
Ons akademie bestaan tans uit 4 onderwysers met JARELANGE se ondervinding!!
Dalena Zandbergh (43 jaar)
Lizane Zandbergh (21 jaar)
Carina du Toit (3 jaar)
Riaan Esterhuizen (3 jaar)
Ons bied aan:
• Musiek as keusevak Gr 8 en 9
• Musiek as keusevak Gr 10 – 12
• Musiek as agste vak Gr 10 -12
• Musiek-akademie wat na skool funksioneer en leerlinge die geleentheid bied om instrumente te leer bespeel.
Ons bied ook Unisa prakties, sowel as teorie aan, vanaf Voorgraad 1 – Graad 8.
Verskeie toekennings vir uitstekende musiekteorie-onderrig is deur ons personeel ontvang.
Ons spog graag: Prof Waldo Weyer is ‘n dosent verbonde aand die ( Noordwes Universiteit)
Redenaars
Elke jaar vind daar ‘n interne kompetisie plaas om graadwenners te bepaal. Leerders kan deelneem aan ‘n Afrikaanse sowel as Engelse kompetisie.
Ons leerders presteer besonder goed by die ATKV-Redenaarskompetisie op provinsiale sowel as nasionale vlak.
Ook by Radikale Redenaars maak leerders van Hoërskool Lichtenburg hul stemme dik. Oor die afgelope drie jaar het ons verskeie nasionale wenners opgelewer.
Astrant Koerant
Vir jare lank is die skoolkoerant een van die beste skoolkoerante in die land, en spog die Astrant met vele nasionale toekennings deur die jare. Die redaksie bestaan uit leerders en joernaliste werk saam om elke kwartaal ‘n pragstuk saam te stel.
Skouspel
Liggies Got Talent
Battle of the bands