DIE GESKIEDENIS VAN HOëRSKOOL LICHTENBURG
Voorspel:
Vanaf 1910 het die goewermentskool Lichtenburg ‘n middelbare afdeling onder sy dak gehad. Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Lichtenburg het dwarsdeur die jare en veral gedurende die na-oorlogse jare besonder aandag aan die onderwys hier ter plaatse gegee. As gevolg van ds. J A Beyers het die eerste Aanhouwenkoshuis in 1910 tot stand gekom. Die dorpshuis van genl. Koos de la Rey is vir die doel gehuur. Toe slegs 6 koshuisgangers opgedaag het, het ds Beyers vol geloof gesê: “Ons gaan die koshuis aanhou want AANHOU WEN”.
Hoërskool Lichtenburg is in 1916 gestig as deel van die laerskool en aanvanklik is onderrig verskaf aan leerders vanaf vorm twee tot en met vorm sewe.
Op 18 Januarie 1921 open Hoërskool Lichtenburg sy deure. In 1922 is Justitia meisieskoshuis gebou.
In 1924 is die nuwe skoolgebou voltooi, Hierdie gebou het bestaan uit 10 klaslokale, kamers vir die hoof en personeel, ‘n biblioteek en ‘n laboratorium. Gedurende die dienstermyn van Mnr JP Malan is die skoolgebou vergroot deurdat ‘n nuwe vleuel en laboratorium in 1936 voltooi is.
In 1930 word die Aanhouwenkoshuis volledig gebou.
In 1939 was daar 389 leerlinge in die skool. Teen 1940 is hierdie hoërskool beskou as een van die grootste hoërskole op die Transvaalse Platteland. Die skoollied word vir die eerste keer deur die leerders en die onderwysers gesing.
Die leerlingraad is in Augustus 1945 in die lewe geroep, en in 1941 is die skoolsaal aangebou. Die handwerk en huishoudkundesentrum is in 1947 voltooi, en die skoolbiblioteek is in 1954 begin.
Ons Hoërskoolwapen bestaan al seder 1923. ‘n Rowwe skets van die idee van die samevatting van Lichtenburg se kenmerkende eienskappe van: ploeg, sprinkaan en diamant – is deur mnr Theo Crous, onderwyser in Afrikaans van 1916 tot 1932 en mnr Tienie Grobler, ‘n oud-leerling, en destyds L.V. vir Marico ontwerp. Op grond van daardie skets het die bekende kunsskilder, mnr Erich Mayer, die finale ontwerp geteken, en die leuse “Daars ‘n stryd te stry, daar’s werk” was mnr Theo Crous se keuse.
Die skoollied is in 1939 deur me Valmai Batty, ‘n Engelse onderwyseres, geskryf. En deur mnr Terstegen van Huyssteen getoonset.
Tydlyn
1921 | Hoërskool Lichtenburg het op 18 Januarie 1921 sy deure geopen met Hansie Markötter aan die stuur van sake. |
1922 | Die skool se getalle staan nou op 242 leerders. Die besluit word geneem om die eerste koshuis, Justitia, in ‘n eg Kaaps-Hollandse boustyl te bou.Die swembad word deur die leerders gebou. |
1923 | Etrich Mayer, ʼn bekende kunsskilder, ontwerp ons skoolwapen, terwyl ons leuse, “Daar’s ‘n stryd te stry, daar’s werk”, deur Theo Craus, ʼn onderwyser wat Afrikaans by die skool aangebied het, geskep is. Kenmerkende eienskappe van die distrik, naamlik ʼn ploeg, ‘n mielie, diamante en sprinkane, verskyn op die wapen. |
1930 | Daar word besluit om ʼn tweede koshuis, naamlik Aanhouwen, te bou. |
1939 | Die skoollied word deur Valmai Batty, die Engelse onderwyser, geskryf en deur Terstegen van Huyssteen, die sangonderwyser, getoonset. |
1953 | Die Sprinkaan – die skool se eerste koerant – maak sy verskyning. |
1971 | Die musieksentrum word gebou en mej Cronjé word die eerste musiekonderwyseres. |
1972 | Die nuwe sportterrein word ontwikkel. |
1976 | Die onthaallokaal word ingewy en die skoolkoerant se naam verander na Die Serankure. |
1990 | Onthaallokaal word gebou. |
1991 | Spreiligprojek |
1992 | Osie veld word ontwikkel. |
1993 | Fanus Booysen Sportterrien word ontwikkel. |
1996 | Die Astrant, die huidige skoolkoerant, sien dié jaar die lig. |
2001 | Hestrie Cloete, ʼn oud-leerder, word ons eerste Olimpiese kampioen in hoogspring. Haar afrigter, Martin Marx, is steeds ʼn onderwyser verbonde aan die skool. |
2003 | Klein teater-musiek sentrum. Sportburo |
2009 | Kafeteria |
2012 | Muurbalbane Aksie sportfasiliteite |
2013 | Hoërskool Lichtenburg word aangewys as die beste akademiese skool in die Noordwes Provinsie.
Spreiligte op tennisbaan. |
2016 | Die skool kry ‘n nuwe gimnasium |
2018 | 1ste Rugbyspan wen Pukreeks 3 jaar agter mekaar. |
2020 | Alle sport word gestop a.g.v die COVID-19 pandemie. |
Hoofde