Leerderontwikkeling

Hartklop

Kom vind jou plek in God se hart….
Elke Woensdagaand vind daar ‘n Harklop-samekoms plaas waar leerders die geleentheid kry om op geestelike vlak met mekaar te kuier. Plaaslike leraars is betrokke en verskeie jeugbedienaars maak deel uit van hierdie besonderse aksie.

Hart-en-Hande

Die groep leerders van Hoërskool Lichtenburg, is die hart van Liggies.
Daar word uitgereik in die gemeenskap, en duisende lewens word jaarliks deur hierdie omgee-groep geraak.
Projekte vir fondsinsamelings-om mense in nood by te staan, word geloods en omgee vir ander, word op verskillende maniere en met oorgawe deur hierdie Liggies gedoen.